BEJAARDES

BEJAARDES

Tuis

WAT IS DIE BEJAARDE PROJEKTE?

Bejaardes lê Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe fokus Helpende Hand om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om die Afrikaner-volk te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hulle lewens.

In 2018 gaan ons ’n nuwe opwindende nasionale bejaarde-projek loods. Kyk gerus vroeg in die nuwe jaar op ons webblad vir meer inligting hieroor.

nursing-home-concept-with-happy-persons

Die Breinaald-projek

HOEKOM DIE BREINAALD-PROJEK?

Baie senior dames is baie lief daarvoor om te brei, maar hulle kan nie meer die wol bekostig nie. Brei en hekel hou baie voordele vir seniors in. Dit verbeter hul selfbeeld, verminder simptome van stres, angstigheid en depressie, hou hul brein aktief, beveg artritis en so kan ons aangaan.

 

Baie mense het ou bolle wol wat nie meer gebruik word nie.

 

Daarom die Breinaald-projek! Ons bring rolspelers bymekaar, van die senior dame wat lief is vir brei tot die weldoener wat bolle wol het om te skenk.

 

Die Breinaald-projek het in 2020 begin om vroetelmoue vir demensie- en Alzheimer-pasiënte, te brei. Hierdie projek sal beslis in die toekoms hom toespits op soortgelyke projekte waar die gemeenskap verantwoordelikheid neem om deur die Breinaald-projek ouer persone te betrek om te brei of te voorsien van ‘n nodige gebreide artikel. Op hierdie wyse word daar ‘n bydrae tot die gestruktureerde stimulering van ouer persone gemaak.

Vroetelmou_Infographic

Die Breinaald-projek sal in die toekoms fokus op projekte waar ’n gemeenskap verantwoordelikheid neem vir sy ouer persone, en lei tot gestruktureerde stimulering van ouer persone.

Jy kan ’n verskil maak!

Brei vroetelmoue vir ’n altzheimer / dimensie-pasiënt of skenk wol aan die projek. Stuur gerus ’n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za

Die HelpHoor-projek

DIE HELPHOOR-PROJEK

Die HelpHoor-projek is ’n deurlopende projek om behoeftige ouer persone te voorsien van gehoorapparate. Tweedehandse gehoorapparate word ingesamel, gediens en skoongemaak om weer vir die ouer persone gepas te word.

 

Ons vennote wat die projek moontlik maak:

 

Daar is ’n landswye aanvraag vir gehoorapparate en daarom word daar beplan om hierdie projek in die toekoms in die ankergemeenskappe te dupliseer. Die betrokkenheid van oudioloë in die gemeenskappe is krities, vir die sukses van hierdie projek.

Die HelpHoor-projek poog om gehoorapparate aan behoeftige ouer persone te voorsien en moet in die ankergemeenskappe uitgebrei word.

Jy kan ’n verskil maak!

Skenk tweedehandse gehoorapparate nie meer gebruik word nie, aan die projek.

Of steek jou hand op as oudioloog om betrokke te raak.

Stuur gerus ’n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za

 

Waar klop ek aan?

Vir meer inligting of om in aanmerking te kom vir gehoorapparate stuur gerus ’n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za

Katarakchirurgie

KATARAKCHIRURGIE

Daar is ‘n reuse-aanvraag na katarak chirurgie vir ouer persone en die projek poog om jaarliks 40 behoeftige ouer persone van ’n gratis karatakverwydering te voorsien, soos in die afgelope drie jaar reeds gedoen is.

 

’n Vennootskap is met dr. Allison, die hoof van Vision 2020 by die Universiteit van Pretoria gesluit. Dr. Allison se kostes beloop slegs +- R5 000 per oog vir die operasie. Dit is ’n groot besparing aangesien die normale kostes per oog meer as R20 000 beloop. Terselfdertyd word die operasie gebruik om studente van die universiteit op te lei.

 

Alhoewel daar mense is wat dit steeds nie kan bekostig nie, is daar baie mense wat deur die hulp van familie en vriende die R5 000 kan insamel en geopereer kan word.

Positive mother and daughter enjoying dramatic view out of window. Young health visitor showing to senior lady funny scene out of window. Family relations concept

Waar klop ek aan?

Vir meer inligting of om in aanmerking te kom vir die chirurgie, stuur gerus ’n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za

Seniors-in-aksie-projek

Nommer 2 verander met opsies-01

in samewerking met

download-01

WAT IS SENIORS IN AKSIE?

Seniors lê ons by Helpende Hand baie na aan die hart. Solidariteit Helpende Hand sien dit as ons roeping om al ons belangegroepe, dus ook ons seniors op ’n holistiese vlak te ontwikkel en te ondersteun.

Ons het onlangs die Senior Mind Moves-program ontdek. Dis is ’n wonderlike program wat toegespits is om ’n kwaliteit lewe te verseker, selfs wanneer jy ouer word. Dit kan gedoen word deur nie te gaan “rus” wanneer jy aftree nie, maar deur aktief te bly en betrokke by jou familie en in jou gemeenskap te wees.

Die Senior Mind Moves-program is deur dr. Melodie de Jager, ’n opvoedkundige, hoofspreker, Mind Dynamix-profileerder en ontwikkelingspesialis, saamgestel. Dr. De Jager het baie navorsing gedoen oor biomimiek in die veld van neurowetenskap. Senior Mind Moves is een van vyf programme wat saamgestel is deur die Mind Moves-instituut.

Die projek, Seniors-in-aksie, poog om soveel as moontlik seniors in ons gemeenskappe, regoor die land, bloot te stel aan die bewegings van Senior Mind Moves. Ons wil seniors bemagtig sodat hulle sélf verantwoordelikheid vir hulle lewens op hul oudag kan neem en nie afhanklik van iemand anders vir hulle geluk is nie.

HOE GAAN ONS DIT DOEN?

Helpende Hand se maatskaplike werkers is opgelei as gekwalifiseerde Senior Mind Moves-fasiliteerders.

Die maatskaplike werkers sal weer op hul beurt aan ons vrywilligers, met ’n passie vir seniors, die nodige opleiding en toerusting bied om in hulle gemeenskap terug te ploeg in seniors se lewens.

HOE RAAK EK BETROKKE?

’n Finansiële bydrae stel ons in staat om:

  • konstant nuwe maatskaplike werkers as fasiliteerders op te lei; en om
  • vrywilligers op te lei en toe te rus om seniors in hul gemeenskappe te bemagtig.
  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.