SkynLogo
SkynLogo

DIE SKYN-PROJEK

Die SKYN-projek is gebore uit navorsing wat in 2019 onder behoeftige bejaardes en bejaardetehuise gedoen is. In hierdie navorsing het Helpende Hand bevind dat munisipale rekeninge vir 87% van die tehuise hul tweede, of derde grootste uitgawe is. Hierdie tehuise sny eerste op hul instandhoudingsbegroting om bejaardes te versorg en hul elektriese toestelle soos ligte, geisers, yskaste en stowe is glad nie elektrisiteitsdoeltreffend nie.

Suid-Afrika beleef groot uitdagings wat elektrisiteitvoorsiening betref en dit is ons almal se verantwoordelikheid om elektrisiteit so slim en spaarsamig moontlik te gebruik.

Elektrisiteit is ʼn uitgawe wat verminder kan word deur goeie elektrisiteitsgebruik en die gebruikmaking van energiebesparende toestelle.

Om hierdie redes het Helpende Hand besluit om in te gryp en ons bejaardes en gestremdes te ondersteun deur tehuise in staat te stel om die begroting tot hul beskikking eerder te gebruik vir die versorging van bejaardes as vir munisipale rekenings.

Ons eerste stap gaan wees om die ligte in die tehuise deur energiebesparende LED-ligte van hoë kwaliteit te vervang.

Die projek verseker groot besparings in elektrisiteit wat ten voordeel van die omgewing strek en ook elektrisiteitstekorte in Suid-Afrika teenwerk. Bowendien werk dit alles in die tehuise se guns.

By die gemiddelde skool of tehuis sal uitgawes aan ligte maklik 25% van hul kragverbruik verteenwoordig. LED-ligte is energiedoeltreffend en gebruikers spaar maklik tussen 50 en 90% op die ligtegedeelte van hul elektrisiteitsrekening. Dié ligte het ʼn baie langer leeftyd as dié wat nog van ou tegnologie gebruik maak. Dit bevat geen giftige elemente nie en is ook herstelbaar, wat dit dus ekovriendelik maak.

Helpende Hand pak hierdie projek saam met Afrison aan. Afrison is ʼn betroubare, plaaslike vervaardiger van kommersiële en industriële LED-ligte van hoë gehalte. Afrison skep volhoubare waarde vir kliënte deur toegewyde diens en baanbrekertegnologie wat fokus op energie-effektiwiteit en kwaliteit. Hulle fokus verder op energiebesparende inisiatiewe reg oor Suidelike Afrika en glo in die bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

Hoe gaan die SKYN-projek die lig sien?

Ons gaan een tehuis op ʼn slag aanpak, maar kan dit nie SONDER JOU HULP doen nie! Met behulp van jou bydrae gaan ons ʼn tehuis se ligte vervang en dan soos wat die befondsingsmodel ons toelaat, die volgende tehuis deur middel van die SKYN-PROJEK help.

Jy kan letterlik die lig in iemand se lewe wees en nie net die donkerte vir een persoon laat verdwyn nie, maar vir 'n hele tehuis en 'n groter gemeenskap.

Nuusbrief_images-01
E-kaart_barometer

SKENK NOU!

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.