ONS HAND IN SY HAND

ONS HAND IN SY HAND

Ons hand in Sy Hand boekie

275580997_353488890117787_946372086874155470_n

Posgeld uitgesluit. Dit word uitgewerk afhangende van die grootte van die pakkie.

Ons hand in Sy Hand boekie

Die Begrond Instituut vir Christelike Grondslagstudies het die afgelope jaar in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, 'n handleiding ontwikkel wat vanjaar deur Helpende Hand in hulle gemeenskappe uitgerol gaan word.

 

Die handleiding staan bekend as "Ons hand in Sy Hand" en die doel daarvan is om geestelike toerusting saam met maatskaplike ontwikkeling aan die Helpende Hand gemeenskappe te bied. Op hierdie wyse wil Helpende Hand sy vrywilligers, takke, streke en personeel toerus om gemeenskappe se voorspoed te verseker.

 

"Ons hand in Sy Hand" is geskoei op die beginsel dat "omgee" sonder geestelike begronding en verdieping nie ware omgee is nie. Helpende Hand glo in die spreekwoordelike "driedimensionele verdieping", naamlik verligting, verbreking en voorkoming van probleme. En dan natuurlik baie belangrik dat die oplossing van probleme volhoubaar moet wees en tot selfstandigheid moet lei.

 

Die handleiding was vrygestel tydens die Helpende Kerke Kongres wat in Februarie plaasgevind het. Tydens die geleentheid is "Ons hand in Sy Hand" aan Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, oorhandig. Verskeie skrywers en medewerkers was teenwoordig op die dag.

Ons hand in Sy Hand kursus

INLEIDING

Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om nie nét op maatskaplike gebied ’n verskil te maak in ons gemeenskappe nie, maar hulle óók op geestelike vlak te versterk. Die een hand kan nie sonder die ander nie. Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om gemeenskapsontwikkeling op ’n holistiese wyse aan te pak, en dit sluit ook die geestelike welstand van ons mense in.

Die pragtige roeping van ons Here Jesus Christus in Matteus 4:4 staan sentraal in die opleiding en uitrol van Ons hand in Sy Hand: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”

Mag die Ons hand in Sy Hand-kursus jou help om jou geloof prakties in ons gemeenskappe uit te leef.

HOE WERK DIE KURSUS?

Jy kan die kursus op verskeie maniere aanpak.

  1. Op jou eie in jou eie tyd

Met selfstudie doen jy die kursus in jou eie tyd. Jy skaf die boekie aan en werk op jou tyd in die gerief van jou huis deur elke hoofstuk en daarmee saam ontvang jy ‘n kort ondersteunende video.

Van Solidariteit Helpende Hand se kant sal die programleier jou bystaan en ondersteun op hierdie geestelike verrykingspad. Indien jy enige vrae het of persoonlike kontak benodig, of as jy hulp of enige verdere toerusting nodig het, stuur gerus vir ons e-pos na geestelik@helpendehand.co.za

  1. Dagkursus vir groepe soos gemeentes en vrywilligers

Die groep moet hulle behoefte bepaal en dit met die programleier bespreek. Kursusgangers kan die boekie vooraf aanskaf en deurwerk en ook na die ondersteunende video’s kyk. Dit is egter opsioneel, want die programleier kan die kursus, afhangende van die groep se behoefte, ook volledig op die gekose dag aanbied.

Die kursus se doel is nie nét om jou geloof op persoonlike vlak met kennis te laat groei nie, maar óók om jou geestelik toe te rus om die kennis te gebruik om die Woord verder en wyer in ons gemeenskappe uit te dra om so ander daarmee toe te rus.

Die kursus werk soos volg:

  • Dit duur 3 tot 4 uur. Die programleier kan die tydsduur saam met die groep bepaal, afhangend van die groep se behoeftes.
  • Die groep is self verantwoordelik vir die logistieke reëlings soos die lokaal, etes en verversings.
  • Die groep moet die programaleier se reis- en verblyfkoste dra.

NAVRAE

Stuur gerus e-pos na geestelik@helpendehand.co.za

KURSUSINHOUD

Hierdie kursus se hooffokus is om te leer hoe om Solidariteit Helpende Hand se missie en visie op geestelike vlak prakties na te streef en uit te leef. Dit fokus op jou persoonlike geloofsgroei na binne en hoe jy dit prakties na buite uitleef met geestelike gemeenskapsontwikkeling.

Ons behandel geloofstemas soos: Wie is my God? Wie aanbid ek regtig? Hoe lees ek my Bybel? Wie is my gemeenskap? en Wat is barmhartigheid? Daar is 14 hoofstukke, elk met ’n ondersteunende video-opname om die leergeleentheid te vergemaklik.

Die uitgangspunt van hierdie publikasie is dat jy eers jou eie afhanklikheid van God moet besef voor jy ander kan help en die gemeenskap ophef. Jy moet eers jou eie verhouding met God versterk, dan kan jy in geloof uitreik na die gemeenskap waar God jou geplaas het.

Na afloop van die kursus sal jy ’n sertifikaat ontvang.

REGISTREER

Die kursus beloop R100 per persoon vir die kursus. Die registrasiefooi sluit die boekie en aanvullende videomateriaal in.

Na afloop van die registrasie sal jy op die internet toegang verkry tot die video-opnames.

Dankie dat jy besluit het om die kursus te doen.

Die registrasiefooi sluit die boekie en aanvullende videomateriaal in.

Na afloop van die registrasie sal jy op die internet toegang verkry tot die video-opnames.

Ons kan die handleiding vir jou pos en die posgeld sal dan outomaties by jou registrasiekoste ingereken word.

Jy kan die handleiding ook by Solidariteit Helpende Hand se hoofkantoor by die volgende adres afhaal:

Southdowns Ridge Office Park

John Vorsterlaan 1240

Irene, Centurion

0062

Registreer hier

Dankie dat jy besluit het om die kursus te doen.

Die registrasiefooi sluit die boekie, aanvullende videomateriaal en aanbieding van die kursus op die dag in.

LET WEL: Die registrasiefooi sluit nie die programaanbieder se reis- en verblyfkoste in nie.

Na afloop van die registrasie sal jy op die internet toegang verkry tot die video-opnames.

Ons kan die handleiding vir jou pos en die posgeld sal dan outomaties by jou registrasiekoste ingereken word.

Die programaanbieder kan egter ook die boekies vir jou saamneem wanneer hy/sy die kursus vir jou groep gaan aanbied.

Of jy kan die handleiding by Solidariteit Helpende Hand se hoofkantoor by die volgende adres afhaal:

Southdowns Ridge Office Park

John Vorsterlaan 1240

Irene, Centurion

0062

Registreer hier

Ontvang die hele reeks videos

"*" indicates required fields

Naam en van*
Ek gee toestemming*
Hiermee gee jy toestemming dat Helpende Hand die inligting wat jy hier bo voltooi het stoor en jou mag kontak. Privaatheidsbeleid | Bepalings en Voorwaardes

WAT BETEKEN “ONS HAND IN SY HAND”?

Ons hand: Wat gestuur, geroep, toegerus, gewillig, ywerig en diensbaar is. In God se Koninkryk is my hand gehoorsaam, gewillig om te help, gewillig om te werk. Dit is ’n swak, gebroke en nietige hand, maar tog geseënd.

In Sy Hand: Sonder die ondersteuning van Sy Hand wil ons nie en kan ons nie. Ons is afhanklik van Hom wat ons in Sy Hande optel en dra, seën en versterk.

Hannes Noëth – Besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand