Ons Winkel lang logo-01 wit-01
Ons Winkel lang logo-01 wit-01

WAT IS DIE ONS WINKELS?

Ons Winkels is die skenkingswinkels van Solidariteit Helpende Hand. Daar is bykans 125 winkels landswyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Op die manier skep ons volhoubare besighede.

Lees meer...

Die Ons Winkels is 'n groep wat geweldig groei en gaan bly groei in 2022. Ons wil graag sterk volhoubare winkels dwarsoor Suid-Afrika vestig wat elkeen hulle deel kan doen vir die groter gemeenskaspsgebaseerde maatskaplike ontwikkelingsdoelwit van Solidariteit Helpende Hand. Juis vir dié rede versoek ons dat lede van die publiek wat voel dat hulle graag 'n bydra wil maak maar dit nie noodwendig finansieel kan doen nie, die Ons Winkels sal ondersteun met skenkings van oortollige goedere of die aankoop van goeie kwaliteit bekostigbare gebruikte produkte vanuit ons winkels.

Is daar iets by jou huis wat die pad staan of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?
Skenk dit vir liefdadigheid.

Met jou ongewensde items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is ’n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.

Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.

Areas vir nuwe Ons Winkels

  • Wes-Rand

    Roodepoort
    Fochville
    Carletonville

  • Wes-Kaap

    Moorreesburg 
    Vredendal
    Gansbaai
    Vishoek
    Veldrif
    Langebaan
    Saldana
    Vredenburg
    Calvinia

  • Gauteng

    Honeydew
    Paulshof
    Fairland

  • Vrystaat

    Parys
    Bothaville
    Jacobsdal

  • Noord-Kaap

    Douglas
    Kathu
    De Aar
    Kuruman

  • Oos-Kaap

    Grahamstad
    Oos-Londen
    Queenstown

  • Oos-Rand

    Germiston

  • KwaZulu-Natal

    Pietermaritzburg
    Pinetown
    Durban-Noord

  • Mpumalanga

    Volksrust
    Sabie/Hazyview
    Lydenburg

Wou jy nog altyd jou eie besigheid in jou dorp besit?

Nou kan jy die eienaar van 'n Ons Winkel raak!

Wat behels dit?

  • Ons Winkels ontvang skenkings van die publiek en sit dit om in kapitaal (verkoop dit).
  • Die kapitaal voorsien die eienaar van 'n inkomste en befonds onder andere studiefondse en maatskaplike projekte in die
  • As eienaar sal jy verantwoordelik wees vir die bestuur van en daaglikse pligte in die winkel.
  • Jy benodig ongeveer R50 000 as aanvangskapitaal.

 

Jy is ideaal vir die posisie indien jy oor die volgende beskik:

  • Ervaring as eienaar of bestuurder van 'n besigheid
  • Jou eie voertuig
  • Kennis van personeelaangeleenthede
  • MS Office-vaardighede
  • Kennis van bemarking en sosiale media

"*" indicates required fields

Naam en van*

Ons Winkels te koop

Is jy 'n entrepreneur, kreatief en betrokke by jou gemeenskap?

Hier is 'n wonderlike geleentheid om met Helpende Hand se Ons Winkels hande te vat.

Die volgende Ons Winkels is te koop:

Barberton

Rika Buck
072 585 5287

Hermanus

Engela Meyburgh
074 616 4007

Mooinooi

Janet Papenfus
061 945 1917

Kaapstad

Jacques de Wet
072 286 9567

Swellendam

Susan Booysen
082 355 4809

Indien jy in die geleentheid belangstel, kontak gerus die winkeleienaar op die nommer wat langs hul naam tussen hakies verskyn.

 

Wat behels dit?

  • Ons Winkels ontvang skenkings van die publiek en sit dit om in kapitaal (verkoop dit).
  • Die kapitaal voorsien die eienaar van 'n inkomste en befonds onder andere studiefondse en maatskaplike projekte in die
  • As eienaar sal jy verantwoordelik wees vir die bestuur van en daaglikse pligte in die winkel.

 

Jy is ideaal vir die posisie indien jy oor die volgende beskik:

  • Ervaring as eienaar of bestuurder van 'n besigheid
  • Jou eie voertuig
  • Kennis van personeelaangeleenthede
  • MS Office-vaardighede
  • Kennis van bemarking en sosiale media

VIND JOU NAASTE WINKEL HIER

Showing 1 - 129 of 129