BnKBanner

ONS NOOI JOU UIT OM DEEL TE WORD VAN HIERDIE INISIATIEF OM 'N KIND SE LEWE TE VERANDER.

Kinders is 'n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net 'n klein verskilletjie in sulke kinders se lewe om vir hulle 'n brug te bou na beter omstandighede, hetsy dit koshuisgelde, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig, terapie of iets anders is wat hulle benodig.

Elke aansoek om hulp wat ingedien word, word deur 'n paneel bespreek en op meriete beoordeel, en elke kind se individuele behoeftes word in ag geneem wanneer die aansoeke oorweeg word.

Die administrasie en finansies van suksesvolle aansoeke word deur Helpende Hand se maatskaplike en finansiële afdelings behartig en geen betalings word direk aan ouers gemaak nie; alle gelde word aan die betrokke instansie self oorbetaal.

Die fondse wat vir die Bemagtig 'n Kind-projek aangewend word, vorm deel van die JD Kestell-gedenkfonds. Dié fonds is vernoem na dr. John Daniel Kestell, oftewel Vader Kestell, soos hy bekend was – een van die merkwaardigste figure in Afrikaanse geledere. Vader Kestell is in sy eerste bedieningsjare as predikant só geraak deur die verarming van die Afrikaner dat hy besluit het om sy lewe daaraan te wy om verarmde Afrikaners geestelik, kultureel en maatskaplik op te hef. Vir Vader Kestell was onderrig die sleutel tot die verbreking van die kringloop van armoede. Solidariteit Helpende Hand volg ook, soos Kestell, 'n benadering van opheffing deur opleiding om die armoedesiklus te verbreek. Ons nooi jou om 'n bydrae tot die JD Kestell-gedenkfonds te maak sodat meer kinders deur die Bemagtig 'n Kind-projek bygestaan kan word.

ʼn Klein bydrae kan ʼn reuseverskil in ʼn kind se lewe maak. Met die Bemagtig-ʼn-kind-projek, ʼn gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in ʼn nuwe rigting in te stuur.

Kinders is ʼn kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ʼn klein verskil in so ʼn kind se lewe om vir hom of haar ʼn brug te bou na beter omstandighede toe,  hetsy dit koshuisgelde, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig, terapie of iets anders is wat hulle benodig.

Elke aansoek wat ingedien word, word deur ʼn paneel bespreek en op meriete beoordeel, en elke kind se individuele behoeftes word in ag geneem wanneer hierdie aansoeke oorweeg word.

Die administrasie en finansies van suksesvolle aansoeke word deur Helpende Hand se maatskaplike en finansiële afdelings behartig en geen betalings word direk aan ouers gemaak nie – dit word slegs aan die betrokke instansie self oorbetaal.

Die fondse wat vir die Bemagtig-ʼn-kind-projek aangewend word, vorm deel van die JD Kestell-gedenkfonds. Dié fonds is vernoem na dr. John Daniel Kestell, oftewel Vader Kestell, soos hy bekend was – een van die merkwaardigste figure in Afrikaanse geledere. Vader Kestell was in sy eerste bedieningsjare as predikant só geraak deur die verarming van die Afrikaner dat hy besluit het om sy lewe daaraan te wy om verarmde Afrikaners geestelik, kultureel en maatskaplik op te hef. Vir Vader Kestell was onderrig die sleutel om die kringloop van armoede te verbreek. Solidariteit Helpende Hand volg ook, soos Kestell, ʼn benadering van opheffing deur opleiding om die armoedesiklus te verbreek. Ons nooi jou om ʼn bydrae tot die JD Kestell-gedenkfonds te maak sodat meer kinders deur die Bemagtig-ʼn-kind-projek bygestaan kan word.

ARTIKELS

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks-320x240

'n Ma se plan vir haar kind

Sy groot lyf en sterk hande laat hom veel ouer lyk as die 17-jarige skoolseun wat hy eintlik is...

vrou-alleen-bankie-pixabay-320x213

Bemagtig 'n kind: So word daar gehelp

Ons leef in 'n tyd waarin die sosiale en ekonomiese uitdagings al hoe groter word en soms voel dit asof die klein bietjie wat jy wel kan bydrae net...

Funksies

Picture1

Spit, Skud en Dans 11 November Pretoria

'n Skaap op die spit smaak net beter as die dansvloer vol meel is.
Daarom hou Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig 'n Kind in samewerking met HelpJag op 11 November die eerste SPIT, SKUD & DANS-fees.

Die hele gesin kan kom kuier! Ricus Nel gaan ons met sy Boerepompie vermaak.
Daar is 'n kontantkroeg om die dors te les en 'n kinderkraal om die lammertjies besig te hou.

Kaartjies sluit die volgende in:

  • SPIT en bykosse
  • SKUD saam met die plaaslike musiekgroep VendingMachine en Ricus Nel
  • DANS met 'n laataand platejoggie

Kaartjies slegs beskikbaar op iTickets by https://itickets.co.za/events/474597

WIE WORD GEHELP?

Die Bemagtig-ʼn-kind-inisiatief voorsien in ʼn wye spektrum behoeftes van kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolleerders, insluitend:

• Skoolklere
• Ekstra klasse
• Naskoolgelde
• Terapie (spel-, spraak- en arbeidsterapie)
• Vervoer na en vanaf skool
• Koshuisgelde

Maroela Media is jou Afrikaanse kuierplek op die internet, met gebalanseerde, betroubare nuus, en allerlei ander inhoud en lekkertes, alles in Afrikaans. Besoek maroelamedia.co.za vir al die jongste stories. Maroela Media is met trots deel van die Bemagtig ʼn Kind-inisiatief saam met Helpende Hand. Saam kan ons ʼn behoeftige kind se lewe verander.

Kontak ons

Chandré Oosthuizen: Projekorganiseerder

083 235 4982