TassieLogo
TassieLogo

Meer oor ons Skooltassie...

Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek sit sedert 2007 ’n tassie, met die nodige skryfbehoeftes, in ’n behoeftige graadeentjie se hand. So verseker ons ʼn gelyke wegspringkans vir al ons kinders.

Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van 'n fisiese tassie. Deur jong leerders van kleins af te bemagtig, stel ons hulle op vir 'n pad na sukses. Omhels vandag hierdie inisiatief en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te skenk.

Solidariteit Helpende Hand doen ʼn beroep op die publiek om saam met ons hande te vat en te verseker dat ons minstens 2 000 tassies landwyd versprei.

Skenk 'n tassie.

ʼn Haasbekdogtertjie staan skamerig nader toe haar juffrou haar naam roep. Sy steier vorentoe en voel hoe haar wange gloei. “Waar is jou skryfgoedjies, hartjie?” vra die juffrou. Sy haal haar plastieksakkie met ʼn paar stomp potlode en ʼn uitveër, wat halfpad gekou is, uit. “Mamma,” stotter sy, “sal die res van die penne aan die einde van die maand vir my koop.”

Dit is die storie van duisende graadeenleerders, en daarom plaas Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek sedert 2007 tassies, met die nodige skryfbehoeftes, in graadeentjies se hande. Só bou ons aan die toekoms van ons jeug en poog ons om die armoedesiklus te verlig, voorkom en verbreek. Reg oor Suid-Afrika is daar graadeens wat opgewonde en vol selfvertroue hul skoolloopbaan betree, maar daar is ook duisende kinders wat met ʼn paar stomp potlode en ʼn uitveër wat halfpad gekou is, opdaag.

Solidariteit Helpende Hand se gebed vir elke graadeen

Mag Jesus Christus elke tree van elke dag voor, langs en agter jou stap. Mag jy met selfvertroue, maar terselfdertyd nederigheid, met jou medeskoliere omgaan.

Weet dat elke dag, ʼn dag vol geleenthede is … Gryp elke geleentheid aan.

Laastens, maar vir seker nie die minste nie, kyk elke dag Op en weet waar jou krag vandaan kom …

Braaf die Boerboel

‘n Inisiatief van Boerboel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Skooltassie-projek

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held. Hy is soos Super Man, maar in kakie geklee. Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien.

Helpende Hand, Boerboel Wear en Lekker Luister het pas die Braaf-projek bekend gemaak waarin Braaf die hoofrol speel.

Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.

Boerboel 2_Braaf

Ondersteun die inisiatief !

Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.

Om jou T-hemp te koop, klik op 'n T-hemp van jou keuse.

Luister na JAN JAN JAN se splinternuwe treffer
Braaf Soos 'n Boerboel

Artboard 2-50
Boerboel Vertical Logo-01

TASSIE VIDEOS

Dogtertjie ontvang 'n skooltassie

Riana Nel - Skooltassie-projek

Tassies word uitgedeel

TASSIE FOTO'S