PietTandebanner_Logo met sirkel
PietTandebanner_Logo met sirkel

Tuis

youtube-video-thumbnail

Waaroor gaan Piet Tande

Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder.

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. #StopHonger saam met die Kosblikkie-projek is daarop gefokus om te sorg dat hierdie kleuters daagliks ʼn voedsame bord kos ontvang.

Die hooffokus van die projek is om te verseker dat behoeftige kleuterskole met 8 000 kleuters ondersteuning ten opsigte van voeding ontvang.

Solidariteit Helpende Hand beywer hom vir die verbreking, die voorkoming en die verligting van armoede, maar ook om gebrekkige kennis die hoof te bied. Daarom het Helpende Hand ook navorsing gedoen oor die impak van wanvoeding en veral wanneer dit kom by ons kleuters se tande, tans bestaan daar ’n gebrek aan kennis.

In 2018 het ons die kleuterskole wat by die Kosblikkie-projek betrokke is genader om vas te stel wat die toestand van die kinders se mondhigiëne in die praktyk is. Die doel van ons opname was om die gevolge van slegte tande in die praktyk te ondersoek. Hierdie gevolge is onder andere: verkleuring of vlekke op nie-permanente tande; slegte asem; bloeiende tandvleis; gekraakte tande; en of tande met baie gaatjies. Ons het besluit op vlekke op tande as die kriteria vir die betrokke studie, omdat dit prakties uitvoerbaar in die gegewe tyd van die opname is.

Die opname toon die volgende:

  • 58% van ouers het nie die kennis dat ’n melktand met ’n gaatjie gestop moet word nie.
  • 46% van kinders het bruin vlekke op hulle tande omdat hulle nie tandeborsel nie.
  • 50% van ouers is nie bewus dat jy nie ’n kind met melk, of tee in die bed mag sit nie.
  • 43% van ouers is enkelouers, met slegs een inkomste in arm woongebiede, wat meer as drie kinders moet versorg.
  • 35% van ouers dui aan dat sap, neute en ander skadelike kosse goed vir kinders se tande is.
  • Slegs 27% van kinders het al ’n tandarts besoek en borsel wel twee maal per dag tande.

Dit is ons plig om die publiek se kennis oor mondhigiëne op te skerp. Ons kan die impak van siektetoestande en gesondheidsrisiko’s op die algehele gesondheid van ons jeug beperk deur ons skole, veral in  armer/minder gegoede woongebiede, van gesonde mondhigiëne bewus te maak.

In 2022 het Helpende Hand ʼn opname gemaak oor ouers se kennis van mondhigiëne vir kinders. Die opname toon dat daar nie ’n duidelike verskil is tussen ouers in verskillende ekonomiese klasse se kennis in dié verband nie. Alle ouers benodig kennis. Die ouers in minder gegoede buurte het dalk nie die finansies om kinders gereeld tandarts toe te neem nie, maar die kinders in die gegoede buurte se dieet is weer nie noodwendig voldoende nie. As jy kennis deel en mense bewus maak van wat goeie mondhigiëne behels, kan alle gemeenskappe daaruit voordeel trek.

Vul die onderstaande vorm in om die opname verslag te ontvang

Vervolgens het ons dit goedgedink om saam met die Kosblikkie-projek ’n mondhigiëne-veldtog naamlik die Piet Tande-veldtog, wat bewusmaking skep asook ’n volhoubare oplossing bied, van stapel te stuur. Ons gaan korrekte advies oor voeding, hoe om ’n tandeborsel reg te gebruik en gewoontes takel om tandprobleme en tandbederf te voorkom.

Die Kosblikkie-projek kweek dus tegelyk gesonde eetgewoontes, sowel as gesonde mondhigiëne-gewoontes.

Wanvoeding word reeds deur die Kosblikkie-projek getakel daarom is die Piet Tande-veldtog komplementerend tot dié projek om sodoende ons kleuters te bemagtig.

Piet Tande gaan op toer. Hou die spasie dop!

Skenk 'n boekie

Piet Tande is ’n unieke storieboek oor die tandemuis wat op ’n speelse manier die belangrikheid van mondhigiëne vir kleuters leer.

Die storie agter Piet Tande ~ Gazelle Wilson

Almal van ons was eens op ’n tyd jonk en naïef. Ons het in allerhande fantasiekarakters geglo soos Kersvader, die Paashaas, kabouters, dwergies en feetjies. En dan natuurlik ook die tandemuis, wat in my inkleurstorieboek as Piet Tande bekendstaan. Piet Tande se inkleurstorieboek is dan ook die titel van die boek.

Daar is min dinge meer kosbaar in die lewe as die onskuld van ’n kind. Kindwees – meer spesifiek die kort tydperk waartydens kinders in fantasieë glo en hul verbeelding oortyd werk – duur slegs ’n paar jaar en daarom moet elke oomblik daarvan gekoester word. Ná die geboorte van my seuntjie Edward het ek besluit om ’n verhaal oor Piet Tande te skryf. Ja, ek weet daar is reeds talle boeke oor die tandemuis, maar ek wou graag my eie, unieke storie oor die tandemuis skryf; iets waarop Edward eendag kan terugkyk en weet dat sy mamma ook ’n rol gespeel het in die vorming van sy fantasiewêreld.

Piet Tande se inkleurstorieboek is ’n lekkerleesstorieboek wat op so 'n maklik verstaanbare trant geskryf is dat dit óf deur mamma en pappa aan hul kroos voorgelees kan word, óf deur die jongspan self gelees kan word. Die boekie dien terselfdertyd as ’n inkleurboek; elke bladsy bevat ’n bypassende wit-en-swart prentjie wat kinders kan inkleur. Dus leer lees hulle sommer so speel-speel!

’n Tandeborselskedule word ook gratis by elke Piet Tande-boekie ingesluit. Hierdie skedule is net soos die boekie in ’n handige A5-formaat beskikbaar. Dit is gelamineer en kan teen die yskas of badkamer se deurkosyn vasgesit word. Mondhigiëne op ’n jong ouderdom is baie belangrik en daarom het ek dit goedgedink om só ’n skedule in te sluit sodat kinders sommer op ’n speelse manier kan leer om gereeld (ten minste twee keer per dag) hul tande te borsel. Vir elke dag van die week is daar twee kolomme op die skedule wat tandeborseltyd soggens en saans aandui . Twee kleinerige magnete, wat ook gratis saam met die skedule versend word, word elke dag heen en weer geskuif sodat die kind en die ouer albei kan sien of die kind op die regte tyd tande geborsel het.

My wens is dat ander kinders Piet Tande se inkleurstorieboek net so baie soos Edward sal geniet. Indien jou kinders dus nog besig is om melktande te wissel én steeds in die tandemuis glo, waarom hulle dan nou nie aan Piet Tande voorstel nie? Kinders is nie altyd lus om hul tande te borsel nie, maar dalk maak Piet Tande tandeborseltyd ’n bietjie aangenamer deur dit in storietyd en inkleurtyd te verander. En op dié speelse manier leer hulle van jongs af hoe belangrik tandeborsel is!

*Ek bedank Solidariteit Helpende Hand graag vir hulle bereidwilligheid om Piet Tande se inkleurstorieboek te bemark en my sodoende te help om my droom te bewaarheid dat soveel as moontlik kinders elk ’n kopie daarvan sal besit.

Skenk 'n boekie

Jy kan bydrae tot die bewusmaking deur ‘n Piet Tande-boekie vir ’n kleuter te skenk. Vir elke boekie wat geskenk word, skenk Helpende Hand ook ‘n boekie.

"*" indicates required fields

Naam en Van*
(Vir elke boekie wat jy skenk, skenk Helpende Hand ook 'n boekie)

Piet Tande Fotos

Koop 'n boekie

Koop 'n Piet Tande boekie

Om 'n Piet Tande-boekie vir jou kleuter of klaskamer te bestel stuur 'n e-pos aan gazelle@helpendehand.co.za of 'n whatsApp na 083 292 4260.

Alternatiewelik vul die onderstaande vorm in.

youtube-video-thumbnail

Kontak ons

Margole RiekertE

Margolé Riekert (Projekorganiseerder)

Hierdie projek lê my baie na aan die hart, miskien omdat ek self ’n mamma van vier spruite is.  Ek besef elke dag hoe belangrik ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl is. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen siektes.

As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om te voorsien in hulle kinders se daaglikse behoeftes.  Daarom poog Helpende Hand met die Kosblikkie-projek om hulle hande sterk te maak en te sorg dat kleuters ten minste een maal per dag ’n voedsame bord kos geniet.  

#kosblikkie

Piet tande navrae

"*" indicates required fields

Volle name*

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Piet Tande in aksie

Koop 'n Piet Tande