EreOndersArtboard 2

KOSBLIKKIE

EreOndersArtboard 2

KOSBLIKKIE

Tuis

Die "kosblik" dien as simbool van kleutervoeding. Sonder genoegsame voeding kan kleuters nie optimaal funksioneer en ontwikkel soos hulle moet nie. Die hooffokus van dié projek is dus om kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums, laerskole en kinderhuise met voeding te ondersteun.

Die Kosblikkie-projek is egter meer as net ʼn voedingsprojek. Met dié projek bou ons reeds op 'n vroeë stadium aan ons jeug se toekoms en poog om kinders so te bemagtig dat hulle nooit in armoede sal verval nie.

Die Kosblikkie-projek se aansoeke is oop vir kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums, gr. R- en gr. RR-klasse van laerskole asook kinderhuise. Indien die instansie se aansoek suksesvol is, sal die skool in 2024 voedingshulp van Helpende Hand ontvang.

Teikengroep:

  • Kinders in kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums wat 2 jaar of ouer is
  • Slegs gr. R- en gr. RR-klasse in laerskole
  • Kinderhuise

Vul asseblief die aansoekvorm so volledig as moontlik in. Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus ʼn e-pos aan danelle@helpendehand.co.za.

HELPENDE HAND VOED TANS 8 000 KINDERS DAAGLIKS

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. #StopHonger saam met die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat hierdie kleuters daagliks ʼn voedsame bord kos ontvang.

Magies volmaak… dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal kan ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.

Die hooffokus van die projek is om te verseker dat behoeftige kleuterskole ondersteuning ten opsigte van voeding ontvang. Die Kosblikkie-projek ontvang geweldige positiewe terugvoer van die skole wat betrokke by die voedingsprogram is. Onderwysers bestempel die projek ook as “broodnodig”. Kleuters word danksy die voedingsprojek as fisiek sterker bestempel. Hulle groot- en klein motoriese vaardighede, sowel as intellektuele en emosionele ontwikkeling, baat ook by die toevoeging van ʼn voedsame maaltyd. Dit beteken dat kinders meer gehoorsaam is, hulle take makliker kan verrig en dat hulle selfvertroue verbeter.

Helpende Hand ontvang ook versoeke om by kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne in te gryp en daarom is bykomende veldtogte soos #StopHonger en #HelpJag begin om die Kosblikkie-projek aan te vul.

Ondersteun die projek en sluit in ʼn japtrap in die gemak van jou huis aan met Helpende Hand se nuwe e-mandaat.

Randrekker-01
Randrekker-02

Skenk

Maak ʼn eenmalige finansiële bydrae tot die projek of wees kreatief en pak ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter.

kosblikkieArtboard 1

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wees kreatief en pak ’n kosblikkie vir ’n behoeftige kleuter (die kosblikkie dien as ’n simbool vir die voedingsprojek.

Kies een item uit elke voedselgroep

Individuele voedingsbehoeftes soos allergieë sal in ag geneem word.

Elke item is R5 en dus is die totaal van die kosblikkie R25

"*" indicates required fields

Naam*
Koolhidrate*
Vrugte/groente*
Proteïene*
Suiwel*
Vette*
Price: R0.00
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuus

KOSBLIKKIE NUUS

Belangrikheid van kleutervoeding

By Solidariteit Helpende Hand | 21 Junie, 2021

Deur Chanelle Retief – Eienaar NutriFundi ʼn Gesonde dieet is belangrik vir alle ouderdomme, maar veral vir kleuters. Omdat kleuters so vining groei en ontwikkel, het hulle behoorlike nutriënte nodig om gesond en sterk te bly. Die nodige voedingstowwe laat hulle ook gesond en sterk grootword. Tydens die kleuterjare vind ʼn groot deel van breinontwikkeling…

Helpende Hand voed tans 8 000 kinders daagliks

By Solidariteit Helpende Hand | 21 Junie, 2021

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. #StopHonger saam met die Kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat hierdie kleuters daagliks ʼn bord kos ontvang. Magies volmaak… dis waaroor dit gaan.  Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is…

Helpende Hand gesels met Chanelle Retief oor die belangrikheid van kleutervoeding

Kontak ons

Margole RiekertE

Margolé Riekert (Projekorganiseerder)

Hierdie projek lê my baie na aan die hart, miskien omdat ek self ’n mamma van vier spruite is.  Ek besef elke dag hoe belangrik ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl is. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen siektes.

As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om te voorsien in hulle kinders se daaglikse behoeftes.  Daarom poog Helpende Hand met die Kosblikkie-projek om hulle hande sterk te maak en te sorg dat kleuters ten minste een maal per dag ’n voedsame bord kos geniet.  

Margole RiekertE

Margolé Riekert (Projekorganiseerder)

Hierdie projek lê my baie na aan die hart, miskien omdat ek self ’n mamma van vier spruite is.  Ek besef elke dag hoe belangrik ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl is. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen siektes.

As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om te voorsien in hulle kinders se daaglikse behoeftes.  Daarom poog Helpende Hand met die Kosblikkie-projek om hulle hande sterk te maak en te sorg dat kleuters ten minste een maal per dag ’n voedsame bord kos geniet.