HHLogo

GEHOORGESTREMDHEID

HHLogo

GEHOORGESTREMDHEID

Tuis

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND HET 'N PASSIE VIR MENSE MET GEHOORGESTREMDHEDE

Solidariteit Helpende Hand het ʼn passie vir mense met gehoorgestremdhede.

 

Ons wil graag die hele gemeenskap van persone met gehoorgestremdhede intrek by ons Helpende Hand-familie. Ons wil hulle ook bemagtig tot op ʼn plek waar hulle ingetrek kan word by die samelewing, tot so ʼn mate dat hulle kan werk en op hul eie kan woon, net soos persone sonder dié gestremdheid.

 

Dis vir ons belangrik om bewusmaking te skep aangaande gehoorgestremdhede en die gehoorgestremde wêreld – wat ʼn mens nie sal verstaan totdat jy dit self beleef nie. Die grootste taak is om die publiek daarvan bewus te maak dat mense wat doof is, nie dom is nie.

 

ʼn Ander aspek waarvan mense dikwels nie kennis dra nie, is hoe om ʼn gehoorgestremdheid reeds by ʼn jong kind te identifiseer, hoe om dit as ouers te hanteer en wat die pad vorentoe is.

 

Helpende Hand het reeds in 2020 ook sy netwerk van ere-ondersteuners bekend gemaak.  Dié netwerk is geskep vir mense van 90 jaar en ouer en diegene wie se gestremdhede veroorsaak dat hulle nie meer ʼn inkomste kan verdien nie. Hierdie lede kan gratis by Helpende Hand aansluit om só hul naaste te kan help.

Sluit gerus as ʼn ere-ondersteuner aan deur die volgende skakel te volg: www.onstrots.co.za.