VAKANTE POSTE

Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap Senior maatskaplike werker

Solidariteit Helpende Hand is op soek na ʼn maatskaplike werker vir die Wes-Kaap-streek.

Solidariteit Helpende Hand is op soek na ʼn maatskaplike werker vir die Wes-Kaap-streek.

 

Minimumvereistes sluit die volgende in:

 

  • 'n Graad of diploma in maatskaplike werk
  • Registrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe
  • 'n Geldige rybewys en betroubare voertuig
  • Bereidwilligheid om gereeld te reis en oor te slaap
  • Kennis van en vaardigheid in gemeenskapsontwikkeling en geïntegreerde dienslewering in ʼn maatskaplike konteks
  • Kennis van en vaardigheid in statutêre prosedures
  • Die vermoë om saam met 'n span te werk

 

Die volgende vaardighede en eienskappe sal tot die kandidaat se voordeel strek:

 

  • Uitstekende taal- en kommunikasievaardighede, hoofsaaklik in Afrikaans
  • Goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede
  • 'n Liefde en aanvoeling vir maatskaplike kwessies
  • Goeie navorsingsvaardighede
  • Die skryf van verslae en voorleggings
  • Die vermoë om onafhanklik te werk

 

Dié pos behels onder meer die volgende:

 

  • Die ontwikkeling en fasilitering van gemeenskapsontwikkelingsprogramme en -projekte
  • Besoek aan en ondersteuning van die onderskeie takke
  • Opleiding
  • Skakeling met ander maatskaplike organisasies en netwerkvennote
  • Die skryf van verslae
  • Navorsing oor verskeie maatskaplike kwessies wat verband hou met Helpende Hand se fokus

 

Let wel: Die geskikte kandidaat moet in die Helderbergarea, Noordelike Voorstede of Wynlande-area woonagtig wees.

Indien jy aan die profiel voldoen, klik hier om voor of op Dinsdag 7 November 2023 aanlyn aansoek te doen

Senior maatskaplike werker: Studente welstand en ontwikkeling Orania en Bo-Karoo-streek

Solidariteit Helpende Hand en Bo-Karoo Opleiding is op soek na ʼn maatskaplike werker vir Orania en omliggende area. Die pos word tussen Bo-Karoo Opleiding en Solidariteit Helpende Hand verdeel.

Solidariteit Helpende Hand en Bo-Karoo Opleiding is op soek na ʼn maatskaplike werker vir Orania en omliggende area. Die pos word tussen Bo-Karoo Opleiding en Solidariteit Helpende Hand verdeel.

Bo-Karoo Opleiding is 'n opleidingsinstelling in Orania in die Noord-Kaap; hulle het ongeveer 150 studente. Solidariteit Helpende Hand is 'n niewinsgerigte organisasie (NPO) wat fokus op maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling. 

Minimumvereistes

·        'n Graad of diploma in maatskaplike werk

·        Toepaslike kwalifikasie en ondervinding in terapeutiese maatskaplike werk, veral gerig op jong volwassenes

·        Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad van Maatskaplike Diensberoepe

·        'n Geldige rybewys en betroubare voertuig

·        Woonagtig in Orania of omliggende area

·        Verblyfreg in Orania

·        Bereidwilligheid om soms saans en oor naweke te werk

·        Kennis van en vaardigheid in gemeenskapsontwikkeling en geïntegreerde dienslewering in ʼn maatskaplike konteks

·        Goeie begrip van beginsels, etiek en praktyke in die maatskaplikewerk-professie

·        Ervaring in die ontwerp en implementering van programme om gemeenskapsbetrokkenheid onder jong volwassenes te bevorder

·        Kennis en ervaring van statutêre prosedures

·        Die vermoë om in spanverband te werk

 

Vaardighede en eienskappe wat tot kandidate se voordeel sal strek

·        Uitstekende taal- en kommunikasievaardighede, hoofsaaklik in Afrikaans

·        Goeie aanbiedingsvaardighede

·        'n Liefde en aanvoeling vir maatskaplike kwessies

·        Die vermoë om onafhanklik te werk

·        Uitstekende interpersoonlike vaardighede

·        Goeie organisatoriese vaardighede

 

Bo-Karoo Opleiding

Hierdie gedeelte van die pos behels ondersteuningsdienste aan die studente van Bo-Karoo Opleiding en sluit onder andere die volgende in:

·        Beradingsessies om studente se emosionele welstand te bevorder

·        Effektiewe hantering en ontlonting van trauma

·        Ondersteuning met persoonlike en studieverwante uitdagings

·        Leiding aan studente en ouers/voogde waar nodig

·        Ontwikkeling en fasilitering van toepaslike programme om studente se emosionele ontwikkeling te bevorder

·        Betrokkenheid by die fasilitering van die eerstejaars se oriëntering

·        Implementering van enige ander dienste wat tot die holistiese gesondheid en ontwikkeling van Bo-Karoo Opleiding se studente sal bydra

 

Solidariteit Helpende Hand Bo-Karoo-streek

Hierdie gedeelte van die pos behels onder meer die volgende:

·        Die ontwikkeling en fasilitering van programme en projekte wat gemeenskapsontwikkeling ten doel het

·        Besoek aan die Solidariteit Helpende Hand-takke in die Bo-Karoo om hulle te ondersteun en op te lei  in die hantering van maatskaplike kwessies

·        Skakeling en netwerkvorming met ander maatskaplike en niewinsgerigte organisasies en alle rolspelers in die Bo-Karoo-gemeenskap

·        Die skryf van verslae

·        Navorsing oor maatskaplike kwessies rakende Helpende Hand se fokusgroepe

·        Die hantering, assessering en verwysing van maatskaplike navrae en hulpversoeke in die Bo-Karoo-streek

Indien jy aan die profiel voldoen, klik hier
om voor of op Donderdag 9 November 2023 aanlyn aansoek te doen.

Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

Ons Plek Kempton Park Kleuterskool en Naskoolsentrum: Sentrumbestuurder

Solidariteit Helpende Hand en Ons Plek Kempton Park is op soek na 'n dinamiese, selfgedrewe en gemotiveerde persoon wat verantwoordelikheid kan neem vir die algehele bestuur en leiding van die kleuterskool en naskoolsentrum. Die kandidaat moet aan die Oos-Rand woon.

Solidariteit Helpende Hand en Ons Plek Kempton Park is op soek na 'n dinamiese, selfgedrewe en gemotiveerde persoon wat verantwoordelikheid kan neem vir die algehele bestuur en leiding van die kleuterskool en naskoolsentrum. Die kandidaat moet aan die Oos-Rand woon. 

Die volgende vaardighede, eienskappe en ervaring sal tot die kandidaat se voordeel strek:

  • 'n Onderwys- (VKO vlak 4) en soortgelyke kwalifikasie in bestuur
  • Goeie leierskap- en kommunikasievaardighede
  • Sterk administratiewe vaardighede
  • Kennis en ondervinding van finansiële bestuur en begrotings
  • Goeie tydsbestuur
  • Uitstekende menseverhoudings
  • Liefde en 'n passie vir kinders
  • Noodhulp

 

Die sentrumbestuurder sal verantwoordelik wees vir die volgende:

  • Bestuur en administrasie:
    • Die nakoming van plaaslike regulasies en nasionale wetgewing
    • Doeltreffende administrasie van die sentrum, inskrywings, dokumentasie en finansies
    • Koördinering van fondsinsamelingsprojekte en werwing van ondersteuners en donateurs
  • Onderwysleierskap:
    • Bevordering van 'n kultuur van uitnemendheid en professionele ontwikkeling saam met sentrumpersoneel
    • Skepping van 'n omgewing wat kinders se kognitiewe, emosionele, fisiese en sosiale ontwikkeling ondersteun
    • Die implementering van 'n geskikte kurrikulum en die versekering dat leeruitkomste behaal word
  • Verhoudings met ouers en die gemeenskap:
    • Fasilitering van ouers se betrokkenheid deur bv. ouervergaderings en ouerskapopleiding te reël
    • Bou en instandhouding van positiewe bande met die plaaslike gemeenskap en belanghebbendes
    • Vestiging en bestuur van ʼn sentrumkomitee
    • Ondersteuning aan Solidariteit Helpende Hand se takke en strukture
    • Bevordering van netwerkverhoudings met donateurs, omliggende skole en instansies
  • Personeelbestuur, -beplanning en -koördinering

Toesig oor veiligheidsprotokolle, noodhulp en die welstand van die personeel en kinders

Indien jy aan dié dinamiese profiel voldoen, klik hier
om voor of op Vrydag 10 November 2023 aanlyn aansoek te doen.