JY KAN 'N

ERE-ONDERSTEUNER

WORD OF IEMAND HELP AANSLUIT!

JY KAN 'N

ERE-ONDERSTEUNER

WORD OF IEMAND HELP AANSLUIT!

Ere-ondersteuners

ERE-ONDERSTEUNERS

Dankbaarheid gaan altyd oor tot aksie, en deel van Helpende Hand se dankie-sê-aksie is dat ons graag ’n netwerk van ere-ondersteuners wil skep.

By Helpende Hand glo ons dat ons bejaarde persone en persone met gestremdhede ook hul eie sterktes en gawes het wat hulle met Helpende Hand en die gemeenskap en die samelewing om hulle kan deel.

Hulle het hul eie godgegewe talente wat saam met Helpende Hand se fokus op maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling werklik ’n volhoubare verskil kan maak. Hulle kan ook ’n pilaar van hoop in hul gemeenskappe wees en hierdie hoop saai waar hulle geplant is.

Daarom het Helpende Hand ons Ere-ondersteunersnetwerk bekendgestel. Dit is ’n netwerk van ondersteuners wat almal ouer as 80 jaar is, asook ondersteuners met gestremdhede; ’n netwerk wat saam droom, glo en verstaan!

Helpende Hand is trots op ons ere-ondersteuners en nooi jou vandag om jou vriende en familie wat bo die ouderdom van 80 is of wat gestremd is, by Helpende Hand gratis aan te sluit as Ere-ondersteuner.

Maak hulle deel van ’n familie wat omgee en saamstaan. Gee vir hulle ’n plekkie om te behoort. Hierdie Ere-ondersteuners kan gratis by Helpende Hand aansluit en hulle hoef nie ’n maandelikse donasie te betaal nie.

As jy of iemand wat jy ken bo 80 is, sluit asseblief vandag aan teen geen koste nie.

As jy of iemand wat jy ken vandag met ’n gestremdheid leef, sluit aan teen geen koste nie.

Met hierdie veldtog wil ons jou deel maak van die oplossing; ons wil saam met jou hande vat en ’n sterker Suid-Afrika bou; ons wil sy aan sy saam met jou geestelike, sosio-emosionele, fisiese en kulturele armoede beveg.

Spesialebehoefte-ouerfonds (SBO)

SpesialeBehoefte-Ouerfonds (SBO)

Solidariteit Helpende Hand se Ere-ondersteunersnetwerk skep ʼn Spesialebehoefte-ouerfonds om ouers van kinders met spesiale behoeftes en uitdagings by te staan en te bemagtig.

Ouers van kinders met spesiale behoeftes moet baie trauma en veranderings in die gesinsopset hanteer. Hiermee saam moet die ouers konstant veg om vir hul kinders ʼn plekkie in die samelewing te vind. Verder staar hulle finansiële krisisse in die oë as gevolg van skool-, mediese en terapeutiese uitgawes. Saam met die spesiale behoeftes van hul kinders, is daar dikwels baie ander finansiële uitgawes, soos rolstoele, huisverbouings en nog talle meer. Dit bring baie stres en spanning vir die ouers mee. Vir Solidariteit Helpende Hand is die holistiese welstand van gesinne belangrik, en daarom wil ons ouers van spesialebehoeftekinders bemagtig deur o.a. lewensafrigting om ʼn gesonde gesinsopset te verseker.

Maak vandag nog ʼn bydrae tot dié fonds om ʼn lewensveranderende verskil in hierdie ouers se lewens te maak.

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.