FrouevondsLogo

FrouevondsLogo

FroueVonds

Dagboek mockup

HOEKOM DIE FROUEVONDS*?

Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is dikwels goed wat in die pad staan van voluit vrou-, meisie-, suster-, ma- en vriendin- wees. Hierdie goed wat in die pad van dít staan kan fisies, emosioneel en geestelik van aard wees.

Die FroueVonds* wil hier ingryp om dié gaping/s te vul, die brug te bou tot ʼn beter lewe, die kettings van armoede te verbreek wat dreig om te vernietig, sodat vroue wat deur hierdie goed gekeer word, op die ou einde as gesonde vroue in die samelewing kan funksioneer. Gesonde vroue lei tot gesonde gesinne en gesonde gemeenskappe.

Die FroueVonds doen dit deur volhoubare projekte, in samewerking met ander vennote, aan te pak.

 

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

WAAR PAS DIE FROUEVONDS IN?

Solidariteit Helpende Hand het ʼn wye verskeidenheid nasionale-, streeks- en takprojekte. Die FroueVonds is ʼn nasionale projek, wat in al nege provinsies van Suid-Afrika uitgerol is.

WAT IS DIE FROUEVONDS?

Die FroueVonds fokus op die volgende:

Die #HelpHetta-projek
Die Susanna Smit Studiefonds
Die Droomrokke-projek
Werkskeppingsgeleenthede
Vennootskappe met netwerkorganisasies

Droomrokke

Droomrokke Logo's_RondKleur

MEER OOR DROOMROKKE

In 2020 het die FroueVonds* en die Ons Winkels van Helpende Hand saamgespan om meisies se droomgeleenthede waar te maak deur die Droomrokke-projek, in samewerking met die pragtige Demi Lee Moore. Demi Lee het in 2019 twee van haar pragrokke aan die FroueVonds geskenk en dit was die aanloop van die projek.

“Baie dames het al die voorreg gehad om spesiaal in ʼn droomrok te voel. Vir ander, voel spesiale geleenthede, meer soos ʼn berg wat hulle nie wil uitklim nie, omdat hulle nie die perfekte rok kan bekostig nie. Met die Droomrokke-projek van die FroueVonds, wil ons graag hierdie vroue en meisies bystaan.” – Demi Lee Moore

Die Droomrokke-projek word uitgerol by Helpende Hand se Ons Winkels reg oor Suid-Afrika. Trourokke, matriekafskeidrokke, aandrokke en dineerokke van alle groottes en smake kan hier geskenk word en die rokke word weer teen ʼn minimale bedrag aan meisies of vroue (wat dit andersins nie sou kon bekostig nie) verhuur.

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

SKENK AAN ONS WINKELS

Met jou rokke of manspakke kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel-skenkingswinkels dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur. Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap om te gaan studeer wat nie andersins ‘n geleentheid sou gehad het nie. En verder bied ons ook maatskaplike hulp aan met die wins wat die winkel maak.

Jou item is nie net ʼn item vir ons nie! Dit is ʼn toekoms.

Vind hier JOU naaste winkel!

Watter Ons Winkel is die naaste aan jou?

Gaan lewer gerus jou rokskenking daar af en noem spesifiek dat dit vir die DROOMROKKE-projek is.

Gauteng Suid:

Florida, 626 Ontdekkers Road, Randburg, Gauteng 2114, ADRIAN VD WERKING, 071 548 8014, floridadet@gmail.com

Vereeniging, Winkel 8, Brak Straat, J&B Gebou, Drie Riviere, CHANTELLE POTGIETER, 084 755 5250, vereeniging@onswinkel.co.za

Vrystaat:

Aliwal-Noord, 39 Grey Straat, Aliwal Noord, Eastern Cape 9750, MAGDA DU PLESSIS, 082 321 3236, aliwalnoord@onswinkel.co.za

Bloemfontein, 42 Andries Pretorius Street, Bloemfontein, Vrystraat 9301, GERDA VENTER, 082 805 6285, bloemskenkings@gmail.com

Bethlehem1 , 2 Richter Street, Bethlehem, Vrystraat 9701, HANLI DE LANGE, 078 344 0792, mieliestronk.produksies@gmail.com

Bethlehem2 , 8A High Street, Bethlehem, Vrystraat 9701, HANLI DE LANGE, 078 344 0792, mieliestronk.produksies@gmail.com

Kroonstad, 41 Murray Straat, Kroonstad, Vrystraat 9500, BIANCA KEEVE, 072 545 3175, kroonstad@onswinkel.co.za

Noord-Wes:

Klerksdorp1, 39 President Kruger Street, Klerksdorp, Noordwes 2571, SONJA STEINBERG, 082 407 3223, steinbergsonja0@gmail.com

Klerksdorp2, 5 Tom Avenue, Klerksdorp, Noordwes 2571, SONJA STEINBERG, 082 407 3223, steinbergsonja0@gmail.com

Potchefstroom, 26 Doctor James Moroka Avenue, Potchefstroom, Noordwes 2520, ELLERIE VAN DEN BERG, 071 484 4007, elleriev@gmail.com

Mpumalanga:

Witrivier, Witrivier, 1240, CINDY VAN DER WALT, 083 529 9167, cindie4honey@hotmail.com

Witbank, 25 Jeanette Street, Emalahleni, Mpumalanga 1034, HELENE SCHOEMAN, 082 891 9098, wastenot@lantic.net

Secunda, Louwrens Muller Streer, Secunda, 2302, ALTA BEZUIDENHOUT, 082 826 5228, onswinkel.secunda@gmail.com

Limpopo:

Polokwane, 24 Grobler Street, Polokwane, Limpopo 0699, ZILLA FERNS, 076 441 3349, zilla@inspectacarp.com

Rustenburg, 15 Oliver Tambo Drive, Rustenburg, Noordwes 0300, JOHAN MANS, 083 672 0449, johan720322@gmail.com

Gauteng-Noord:

Moot – Oos, 530 Ben Swart Street, Pretoria, Gauteng 0031, LIDIA TOUA, 061 788 3104, mootskenkingskantoor@gmail.com

KwaZulu-Natal:

Port Shepstone, 10 Colley Straat, Port Shepstone, KwaZulu-Natal 4240, ANNALIE ELS, 083 293 7828, portshepstone@onswinkel.co.za

Oos-Kaap:

Jeffreysbaai, 3 Jeffrey Street, Jeffreys Bay, Oos-Kaap 6330, MARCELLE VAN SCHALKWYK, 083 650 8589, winkel.jeffreysbaai@gmail.com

PE Walmer, 14 6th Avenue, Port Elizabeth, Oos-Kaap 6070, BENNIE SCHOLTZ, 084 703 6533, benlane@live.co.za

Wes-Kaap:

George, Lilly gebou Van der Stelplein agter Shoprite, George, Wes-Kaap 6530, JULIUT BLOM, 084 250 8427, george@onswinkel.co.za

Kraaifontein, 24 Brighton Road, Cape Town, Wes-Kaap 7570, HENNIE ROSSOUW, 071 738 2596, onswinkel.weskaap@gmail.com

Wellington, 11a Fontein Street, Wellington, Wes-Kaap 7654, JALINDA DE JAGER, 079 360 1376, je.dejager@gmail.com

Noord-Kaap:

Upington, 29 Schroder Straat, Upington, Noord-Kaap 8801, MARIKE LABUSCHAGNE, 072 604 2564, upington@onswinkel.co.za

Vir meer rokke besoek gerus ons FB Blad vir die volle gallery.

Facebook/Ons Winkel Aliwal Noord

Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!

Obaro Sentrum, Hartbeespoort

Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!

Obaro Sentrum, Hartbeespoort

Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!

 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Obaro Sentrum, Hartbeespoort
 
 
Marcelle van Schalkwyk - 0836508589
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 
Besoek vandag Ons Winkel vir jou Droomrok!
 

#HelpHetta

HH-Logo-web

MEER OOR #HELPHETTA

Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis.

Navorsing

Na aanleiding van die bogenoemde, is die projek is in 2015 deur Solidariteit Helpende Hand gestig en poog dit om meisies die vernedering te spaar, hul waardigheid te beskerm en te verseker dat hul elke dag skool, buitemuurse en sosiale aktiwiteite kan bywoon. Persoonlike higiëne is ’n platform vir die bemagtiging van meisies.

Hierdie Hetta-meisies ontvang ook opleiding in verskillende kwessies, soos verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling. Verder word hulle emosioneel en geestelik ondersteun deur gereelde boodskappe wat op WhatsApp aangestuur word. Die inhoud word deur Helpende Hand se span maatskaplike werkers saamgestel.

HelpHetta Kaart-01

Tydens behoeftebepalingsnavorsing onder die 3 000 meisies wat in 2020 deel van die projek gevorm het, blyk dit duidelik dat die #HelpHetta-projek groter skoene sal moet volstaan. Die behoeftebepalingsnavorsing toon dat meisies nie net ondersteuning op ʼn fisiese vlak benodig nie, maar ook op ʼn holistiese vlak, soos deur die hooftrekke van die behoeftebepalingsnavorsing hier onder geïllustreer word:

  • 35% het ʼn behoefte het aan geestelike ontwikkeling
  • 43% wil selfverdedigingsklasse bywoon
  • 55% se selfwaarde en selfbeeld is laag
  • 38% wil leer om verhoudings beter te hanteer
  • 12% wil inligting oor verslawings ontvang

Die #HelpHetta-projek poog om hierdie behoeftes aan te spreek deur skole te besoek en spesifiek op bostaande temas en behoeftes te fokus.

Die #HelpHetta-Whatsapp-uitsendingsgroep word ook as ʼn tuiste gestig waar Helpende Hand se maatskaplike werkers ʼn verskeidenheid temas bespreek, asook geestelike boodskappe op ʼn weeklikse basis uitstuur.

Meisies wat deel van die #HelpHetta-Whatsapp-uitsendingsgroep wil word, kan ʼn Whatsapp na 076 530 9066 stuur.

Photo 1
Photo 2
Photo 3
Photo 4
Photo 5
Picture1
Picture2
WhatsApp Image 2019-09-07 at 09.14.02
WhatsApp Image 2019-09-07 at 17.09.42
WhatsApp Image 2019-09-07 at 17.37.38
WhatsApp Image 2020-06-03 at 14.17.48 (1)
WhatsApp Image 2020-06-03 at 14.17.48 (3)
WhatsApp Image 2020-06-03 at 14.17.48
WhatsApp Image 2020-07-23 at 12.39.17

GETUIENISSE

Baie dankie vir die werk wat julle doen, baie mense se harte en lewens word aangeraak.

An-Johlene Snyders - LS Bredasdorp

 

Baie dankie weereens vir ons pakkies, veral in die tye het die Bybels BAIE handig te pas gekom!!

Judy Corrie - Hoërskool Klerksdorp

 

Baie dankie vir die Hetta-pakkies, dit maak so ’n groot verskil in die meisies se lewens.

Anel Olivier – Hoërskool Pretoria-Noord

Susanna Smit Studiefonds

MEER OOR DIE SUSANNA SMIT STUDIEFONDS

Die FroueVonds* vernoem hul rentevrye studiefonds na Susanna Catharina (Maritz) Smit, ook bekend as die geliefde Susanna. “Ons trek liewer kaalvoet oor die Drakensberge…”, was destyds haar woorde. Sy is die voorloper vir soveel vroue in Suid-Afrika wat stukkie vir stukkie oor hul eie denkbeeldige Drakensberge moet trek.

Deur die Susanna Smit Studiefonds, wil die FroueVonds ʼn pad oor die berg moontlik maak vir meisies en vroue wat nie ʼn tersiêre kwalifikasie kan bekostig nie. Ons glo in die vermoëns van die moderne vrou en weet dat daar dieselfde dryf en uithouvermoë in elkeen is, ongeag hulle konteks of omstandighede.

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

Studente wat met behulp van vennote ondersteun word: 2019/2020

Imbalie Beauty

Kortkursusse in skoonheidsterapie

7 studente

Serwalo-haarakademie

Haarkappery

2 studente

Susca Watts-akademie

Besigheidsadministrasie

1 student

Guvon-akademie

Sjef opleiding

3 studente

E-kaarte_SusannaSS

Skenk hier

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

PayPal (Internasionaal)

PayPal e-pos: paypal@helpendehand.co.za

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.

Vennootskappe

MEER OOR ONS VENNOOTSKAPPE

Die FroueVonds* glo in samewerking en netwerkvennootskappe. Daarom vat ons hande met vennote op alle terreine om die fonds te versterk en uit te brei.

Ons vennootskap met opleidingsakademies, verseker dat behoeftige meisies daar kan gaan studeer.

Ons vennootskap met Finesse Tydskrif en Carpe Diem Media, help om nuwe projekte uit te rol en verskaf goeie blootstelling onder duisende vroue.

Verder het ons ʼn rubriekskrywe wat op verskeie platvorms gepubliseer word, o.a. op Maroela Media, waar vrouens hulle suksesse en seer, bekommernisse en uitdagings, verwoord om ander vroue te bemagtig en bemoedig.

Ons vat hande met organisasies om vroue wat slagoffers was te help met berading, sodat een hoofstuk afgehandel kan word en ʼn nuwe opwindende hoofstuk aangepak kan word.

 

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

FROUEVONDS AMBASSADEURS

Droomrokke (32)

Demi Lee Moore

Sangeres

Monique

Monique Steyn

Sangeres

Elma

Elma Mckenzie

Stigter van Placecol kosmetika reeks

FROUEVONDS VENNOTE

Werksgeleenthede

FROUEVONDS WERKSGELEENTHEDE

Die Imbalie Beauty-groep het Helpende Hand se FroueVonds genader om saam met hulle werksgeleentheid aan vroue te bied.

 

Terwyl ander organisasies die afgelope paar maande net probeer het om te oorleef, het die Imbalie Beauty-groep van krag tot krag gegaan en in Augustus 2020 hul splinternuwe afdeling begin om kliënte se veranderende behoeftes aan te spreek. Dis ’n monumentale gebeurtenis vir die groep, aangesien dit ook dieselfde jaar is waarin die geliefde handelsmerk, Placecol 40 jaar oud word!

Elize van Geert vertel dat die nuwe CSD-afdeling gepaard gaan met ’n nuwe tydskrif, genaamd iBLOOM. Die naam is gekies om erkenning te gee aan die uniekheid van elke Suid-Afrikaanse vroue en die persoonlike verantwoordelikheid wat elke vrou teenoor haar eie gesondheid en welstand het. Verder simboliseer dit groei, oorvloed, vreugde, positiwiteit en ’n nuwe begin. IBLOOM sluit produkte en dienste in van o.a. MUD-grimering, Biosculpture, Curves en Bronx-kosmetika.

Die CSD-afdeling fokus daarop om oplossings aan kliënte te bied en bring salon kwaliteit produkte aan kliënte in die gemak van hul eie huis. Dié inisiatief is vars, nuut en enig in sy soort. Dié afdeling gaan daarop fokus om spanne toe te rus deur aanlyn opleiding, om ’n baie unieke skoonheid- en welstand- oplossing aan kliënte te bied. Hierdie opleidingsprogramme moet afgehandel word as voorvereiste om deel te word van ’n verkoopspan.

Esna Colyn, hoof uitvoerende beampte van die Imbalie Beauty-groep, het ’n passie vir die opheffing van vroue, werkskepping en om die ekonomiese groei van Suid-Afrika te ondersteun – veral binne die skoonheidsindustrie. Na die vernietigende effek wat Covid-19 op so baie mense gehad het, het Esna besef dat dit ’n noodsaaklikheid is vir dié groep om ’n nuwe weg te vind om geleenthede te skep wat inkomste kan genereer. Die mark het ook drasties verander en dit was die groep se verantwoordelikheid om nuwe maniere te vind om kliënte se behoeftes aan te spreek.

Saam met die geleentheid kom ’n ondersteuningsraamwerk asook opleiding in al die produkte en dienste wat verkoop sal word.

Het jy ’n liefde vir mense, skoonheid en om ander vroue te dien? Het jy ’n ekstra inkomste no

dig? Wil jy graag deel raak van Imbalie Beauty se CSD-span wat nuwe oplossings vir kliënte gaan bring?

Stuur gerus ’n e-pos aan frouevonds@helpendehand.co.za vir meer inligting.

Benodig

 jy ’n skoonheidskwalifikasie of ervaring in die skoonheidsbedryf?
Indien ja, is hierdie die perfekte nuwe geleentheid vir jóú om te groei!

 

 

Een van die werkskeppingsgeleenthede wat ontwikkel is, is die FroueVonds-kopband met ’n tweeledige doel: 

Eerstens:

  • Om ’n geleentheid in die arbeidsmark te skep vir behoeftige vroue om ’n inkomste te genereer.

Die kopband-reeks is die begin van ’n reis om vroue toe te rus om hul talente, soos bv. naaldwerk, te gebruik om ’n inkomste te genereer.

Tweedens:

  • Om ’n lopende inkomste bron vir die FroueVonds* te genereer.

Ons wil verseker dat die fonds groei en konstant sterker word. Daarvoor het ons ’n lopende bron van inkomste nodig. Die FroueVonds*-kopband is die begin van hierdie inkomste en ons droom daarvan om dit selfs verder uit te brei.

Die FroueVonds-kopbande deur Kimono verkoop.

Om ‘n FroueVonds-kopband aan te koop, bestel dit gerus by: https://www.facebook.com/leefkimono

Dis ook te koop by Kimono se weeklikse stalletjie by die Busstop7 Opelug Mark, net buite Pretoria. Vir meer inligting oor die mark, besoek gerus: https://www.facebook.com/busstop7market

 

Kimono is ‘n trotse verkoper van die FroueVonds kopband

Navorsing

#HELPHETTA-PROJEK; MÉÉR AS NET FISIESE ONDERSTEUNING

Hetta is ’n doodnormale 13 jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die Gr. 8 Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14 hokkiespan van die Hoërskool. Sy bloos saam met haar vriendinne in haar graad as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die nuutste modes en haarstyle.

Dis ook op hierdie vriendinne en die onderwysers by die skool waarop sy dikwels moet staatmaak as haar ondersteunersnetwerk. Waarvan jy wel dalk nie bewus is nie, is dat sy moontlik in ’n kinderhuis of informele nedersetting woon.

Soms, bly Hetta net ’n week weg van die skool af, sonder om iets van haarself te laat hoor. In hierdie tyd loop sy belangrike toetse en opdragte mis, wat ingegee moes word. Onderwysers trek net skouers op omdat geen doktersbriewe ingehandig word nie.  Sy mis uit op die skooldans en hokkie oefening. Sy is selfs afgeskuif na die B-hokkiespan omdat die afrigter moeg is daarvoor dat sy so gereeld oefening mis. Haar selfbeeld en selfwaarde kry ’n knou omdat sy nie meer saam met haar vriendinne kan gesels oor alles wat by die skool gebeur nie. As mens vir Hetta vra waar sy was, is die antwoord altyd dieselfde “ag sommer dinge by die huis”.

Die waarheid is egter dat Hetta en haar ouers nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die afwesigheid van hierdie produk wat die meeste van ons as vanselfsprekend aanvaar, het reusagtige gevolge op skoolgaande meisies se lewens. Daarom het Solidariteit Helpende Hand reeds in 2015 die #HelpHetta-projek van stapel gestuur om hierdie meisies van sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte te verskaf.

Ons het egter die afgelope jaar bevind dat dit nie genoeg is om net die fisiese behoeftes van die meisies aan te spreek nie, maar ook die behoefte aan ondersteuning op ’n emosionele - en geestelike vlak.

Helpende Hand het in 2020 navorsing gedoen onder die meisies wat dié jaar deel uitgemaak het van die projek. Die doel van die navorsing was om te bepaal hoe hul profiel lyk, om hul behoefte aan opleiding in verskillende kwessies te ondersoek, asook die behoefte aan emosionele en geestelike ondersteuning te bepaal.

Die volgende is rakende die profiel van ’n meisie wat deel uitmaak van die #HelpHetta-projek is gevind:

  • 50% van die meisies is 10 tot 13 jaar oud.
  • 27% van die meisies word deur ’n enkelouer grootgemaak.
  • 25% van die meisies kry geen ondersteuning van hulle ouers nie.
  • 15% woon in ’n kinderhuis of informele nedersetting

Die volgende is rakende die opleiding en ontwikkelingsprogramme waaraan die meisies ’n behoefte het bepaal:

  • 55% wil aan hul selfwaarde en selfbeeld bou.
  • 43% wil selfverdedigingsklasse bywoon.
  • 38% wil leer om verhoudings beter te hanteer.
  • 35% het ’n behoefte aan geestelike ontwikkeling.
  • 12% wil meer inligting oor verslawing ontvang.

Helpend Hand het in Augustus 2020 ’n #HelpHetta WhatsApp-groep vir hierdie meisies begin om tydens Covid-19 die emosionele en geestelike behoeftes tot ’n sekere mate aan te spreek. Kwessies wat deur die meisies identifiseer is, is aangespreek deur inhoud wat saamgestel is deur ons span maatskaplike werkers. Ons poog om in die toekoms ook groter aksies van stapel te stuur om hierdie behoeftes aan te spreek.

Met die #HelpHetta-projek, wil ons elke meisie, ongeag haar omstandighede, soos elke ander meisie wat saam met haar in die klas sit, laat voel. Ons wil hulle op ’n holistiese vlak (fisies, emosioneel en geestelik) ondersteun, om nie net elke dag skool by te woon nie, maar om in hul totale menswees te ontwikkel en te groei.

Vir meer inligting oor die #HelpHetta-projek en hoe om betrokke te raak, besoek www.helphetta.co.za.

Volg gerus die skakel om die volledige verslag te lees:

Infographic_Hetta2020.2

Solidariteit Helpende Hand (voorts verwys na as Helpende Hand) is ’n organisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Solidariteit Helpende Hand wil deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder.
Een van hierdie projekte is die #HelpHetta-projek wat sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan behoeftige meisies op ’n kwartaallikse basis versprei. Duisende skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie.

Navorsing het getoon dat:

  • 52 skooldae deur meisies wat nie sanitêre ware kan bekostig nie, gemis word;
  • 13% van meisies, in alle Suid-Afrikaanse skole, nie sanitêre ware kan bekostig nie; en
  • dat 107 skole/instansies hulp van die #HelpHetta-projek versoek.

Na aanleiding van die bogenoemde, is die projek in 2015 deur Solidariteit Helpende Hand gestig en poog dit om meisies die vernedering te spaar, hul waardigheid te beskerm en te verseker dat hul elke dag skool, buitemuurse- en sosiale aktiwiteite kan bywoon. Persoonlike higiëne is ’n platform vir die bemagtiging van meisies.

Hierdie verslag bied ʼn opsomming en verwerking van data uit die navorsingsvraelys wat aan al die meisies wat deur die Help Hetta-projek hulp ontvang het, gestuur is.

Donasie

MAAK 'N DONASIE

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.